Lemoenfontein Guestbook
Fantastiese atmosfeer, heerlike kos en ongelooflik
Dit was 'n ongelooflike ervaring by 'n pragtige plek. Die gastehuis se stoep kyk uit oor die Karoovlaktes en die hele ervaring was een van rus en vrede ná die lang tog. Waar kry 'n mens nog kelners en gastehuisbestuurders wat jou van die eerste oomblik op jou naam aanspreek? Die kos was heerlik en die diens was vriendelik en baie persoonlik. Dit was 'n baie spesiale ervaring. Ons gaan definitief weer terug - soos die 10 ander paartjies wat die jaar weer terug was ná verskeie vorige besoeke.